.

.

Logo Intercultural Platform
[HOME] [INTRODUCTION] [LITERATURE] [GALLERY] [NEW] [PUBLISH]

Begin Back Start reading Page down Forward End Mail

Up where we belong - Clinton V. du Plessis

[Other titles in Afrikaans] [All other titles]

English version!


Gaan ons iets rook? vra sy.

Ek lê skuins op die rusbank, my voete gemaklik op die dreskassie met die afgesaagde pote wat dien as 'n tafel. Op 'n kassie in die hoek van die kamer staan 'n wit vaas uit China. Daar is ook 'n Chinese briewekassie en skerwepotte wat dateer uit die kulturele revolusie, skadupoppe en Indiese kershouers.
Die sitkamer is in twee verdeel, elkeen met sy eie sitplek, kaggel en skilderye.
Aan die een kant is werke van Geers, Kentridge en Bailey, aan die ander kant hang Warhol, Lennon en Ono. Op die vloer is daar ook beelde uit Bali en Thailand, 'n masker uit Zaire voor die kaggel. 'n Griekse beeld en aardbol staan op 'n ou Marshall-skeepskis wat met lood en rubber gevoer is.

Hoeveel het jy daar? wil ek weet.
Bykans 'n kilo, antwoord sy ongeërg.
Wat! Ek spring uit my gemaklike posisie op en stamp haar byna voor die yskas om.
Relax, sê sy koel.
Sy is reg, daar is ongeveer 'n kilo kokaien in haar yskas.
Sy bêre dit daar om vars te bly.
Waar de moer kry jy soveel? vra ek geskok.
Direk uit Colombia, via my Nigeriese handelaar, antwoord sy traak-my-nie-agtig.
Ek het dit goedkoop opgetel, net R150 000, vervolg sy.
Here! roep ek verontwaardig uit. Jy kon tien HOP-hokkies met die geld gebou het.
Is jy seker dit is suiwer?
One hundred percent pure shit, het die handelaar gesê, verseker sy my.
Jy moenie sommer die bliksemse Nigeriërs glo nie. Kom, laat ek proe, dring ek aan.
Sy haal 'n pakkie uit die groter pak, skeur die hoek oop en plaas 'n knipsel op my tong.
Die tongtippie-toets, lag sy.
Nee, jy is nie ingeloop nie, hierdie is one hundred percent pure shit, deel ek haar mee.
Kom ons gaan snuif 'n paar lyne, nooi sy.

Sy neem 'n pakkie en stap vooruit in die rigting van die slaapkamer.
Ek loop agter haar aan en bewonder haar lyf.
Daar is min vroue wat op 48 nog so goed lyk.
Die slaapkamer is op die boonste verdieping van die huis wat by uitstek vir onthaal en kuier ontwerp is. Die vensters met glasskuiframe het geen gordyne, maar die huis is tog privaat. Reg rondom die eiendom is 'n hoë muur gebou met blokke wat uit Lesotho aangery is van 'n ou kerk wat gesloop moes word om plek te maak vir die Hoogland-waterskema. Teen die muur, bokant die bed, hang 'n reuse erotiese skildery deur Greg Reichlin. Sy stoot die glasdeure van die slaapkamer oop en lei my uit op die balkon.

Ons gaan sit by 'n vierkantige glasbladtafel met gemaklike leerstoele met ysterrame.
Sy byt die hoek van die ander sakkie stukkend en gooi twee wit miershopies op die tafel uit.
Jou kaart, vra sy saaklik.
Sal American Express doen? vra ek.
Kyk hoeveel lyne jy kan sny, sê sy.
Ek sny uit elke hopie ses lyne, haal R200-note uit my beurs en rol vir ons elkeen 'n strooitjie daarmee.
Al waarvoor die currency goed is, lag sy.
Dames eerste, sê ek.
Jy's so 'n fokken gentlemen, sê sy.
Sy knoop haar bloese oop, trek dit uit, buig vooroor en snuif die lyne een vir een op.
Sy gooi haar kop agteroor en haar borste staan silikoonstyf.
Ek trek al my klere, behalwe my skoene en sokkies, uit en snuif behaaglik stadig die lyne een vir een op.
My hart begin onmiddellik vinniger klop en dit voel asof ek wil versmoor.
Ek staan uit die stoel op en loop tot by die reling van die balkon.
Ek strek my arms oor my kop uit en trek my longe vol.
Ek het lanklaas so goed gevoel.
Sy kom langs my staan en plaas haar hand tussen my bene.
Ek wil jou hê, sê sy. Vat my nou!
Ek druk haar teen die reling vas en stroop haar jeans en onderklere van haar lyf af.
Sy por my aan.
Ek pen haar teen die koue leiklipvloer vas.
Sy rol onder my uit.
Ek sien deur 'n besymende waas haar lang hare, die plooie om haar mond, haar vergrote pupille, haar mond wyd oop asof sy skreeu, maar ek hoor geen geluid nie.
Sy hurk met haar voete weerskante van my heupe en dwing my in haar in.
Dit is tyd vir die tweede rush, besluit ek en stamp haar van my af.

Ons loop deur die oop glasdeur terug na die kombuis.
Ek maak die yskas oop en haal nog twee pakkies uit.
Wanneer is jou man terug? vra ek.
Ek het geen idee nie. Sy handelsmissie is iewers in Indië, China of Japan.
Wat gaan jy nou maak? wil sy weet.
Freebasing, antwoord ek.
Ons het 'n kragtiger kick nodig. Gee vir my die koeksoda aan.
Ek meng die twee pakkies met koeksoda, voeg 'n bietjie water by en kook die mengsel in die ketel totdat dit hard soos klip word.

Ons loop terug na die balkon.
Sy voor, ek agter.
Sy swaai haar heupe met die koketterige selfvoldaanheid van 'n vrou wat weet dat dit wat sy het enige man sal bekoor.
Ek breek by die tafel die klip in klein stukkies en ons rook dit klaar.
Wanneer stal jy weer uit? vra ek.
Ek weet nie, antwoord sy. Ek wag vir nuwe inspirasie.
Ek self het maande laas naby 'n doek en kwas gekom, antwoord ek.
Die verdediging van die miljoenêr-sakeman in sy bedrogsaak neem al my tyd in beslag.
Ek staan op en loop weer tot by die reling.
Dit voel asof die hele stad aan my behoort, asof ek heers oor die honderde duisende liggies wat glinsterend oopplof in 'n miljoen skitterende sterre.
Sy is weer voor my, sy kniel tusssen my bene, ek voel haar hare in my hande en beweeg my heupe instinktief.
Ek stoot haar van my weg en sy bly op die koue leiklipvloer lê.
'n Plas urine is besig om onder haar te vorm en kring al wyer uit.
Ek struikel weg en leun bewend teen die rand van die glasdeur.
Ek druk my kop tussen my hande vas en dit voel asof ek my longe uitkots.

Ek strompel weer tot by die reling, kyk reg op en sien die hemel is stikdonkerswart.

Ek was reg vir die volgende rush.

.

Another Afrikaans version by Du Plessis at this site.

Read more about the writer and writing in Afrikaans on the website of Du Plessis.

Notice © 1999 IP and the author


Page up

[Intercultural Platform] [Introduction] [Literature] [Gallery] [E-mail]

Copyright © Global Vision Platform / Adriaan Boiten     e-mail: webmaster

Find your way back to the Global Vision Platform Home Page