.

.

Logo Intercultural Platform
[HOME] [INTRODUCTION] [LITERATURE] [GALLERY] [NEW] [PUBLISH]

Begin Back Start reading Page down Forward End Mail

Brief Encounter - Clinton V. du Plessis

[Other titles in Afrikaans] [All other titles]


Brief Encounter

Ek skakel die selnommer en vir R280 gee hy my 'n lys name en nommers.

Terwyl hy praat lui 'n tweede selfoon in die agtergrond. Voordat hy die oproep beëindig, kry hy tog 'n paar haastige woorde in.
They're all over 40, they won't yell, they won't swell and they'll be grateful as hell! Enjoy it, mate.

Ek is aanvanklik skepties, klink te goed om waar te wees. Hy't gesê hulle soek geen betaling nie, doen dit net uit verveeldheid of om hul mans in gelyke munt terug te betaal.

By die eerste twee nommers loop ek 'n bloutjie.
Nee, hulle stel nie belang nie, het Mike al hoeveel keer gevra om hul name van die rekenaar te verwyder.
Nommer drie is lus.
Sy sit sommer onmiddellik al haar kaarte op die tafel.
I enjoy oral, like to give and receive. Sy is bruin, ongetroud.
Gee onderwys by 'n skool vir gestremde kinders.
When can we meet? wil sy weet.

Twee weke later wag ek in 'n hotelkamer op haar.
Vanuit my posisie voor die venster kan ek uitkyk op die parkeerterrein en die motors sien kom en gaan.
Dit word donker, sy't gesê sy sal 'n rooi rok dra, korterig.
Net voor 21:00 sien ek 'n vrou in rooi die trappe voor die restaurant opklim.
Ek wag.
Vyf minute later klop iemand aan die deur.
Dit is sy.
Esther. Sy steek 'n hand uit.
Die rok klou om haar bobene.
I'll be back shortly, just want to tell the lady who dropped me off that I'm OK.
Ek knik, sy glimlag en loop uit.
Sy kom terug en gaan sit op 'n stoel naby die televisie.
Sy sit met haar sy na my, kruis haar bene, die rok skuif oor die gekousde been op.
Die sportkanaal vertoon hoogtepunte van Wimbledon.
Kournikova moer 'n bal met mening verby haar teenstander.
Later is ons kaal, sy't 'n kamera, 'n handsak met vier kondome.
Sy poseer, ek neem haar af. Sy is 42, behoort aan die H & R klub.
Toe sy haar tande uithaal en op die bedkassie neersit, lyk sy veel ouer.
Hoe lank kan jy bly? vra ek.
We're busy with exams, lots of papers to mark, antwoord sy.
Ek rol haar op haar rug, vou haar oop, sluit my oë, rol af.
Ek dink jy kan gaan, sê ek en begin my klere aantrek.
Will you send me flowers? vra sy toe sy loop.
Miskien, lag ek en maak die deur agter haar toe.

Ek sleep my tas nader, gaan sit op die kant van die bed, haal my dagboek uit en skeur die bladsy met haar adres en telefoonnommer uit.

Ek loop uit op die klein balkon, skeur die bladsy in honderde flenterfyn flarde, strooi dit oor die reling en kyk hoe dit in 'n onsamehangende warboel in alle rigtings fladder.

Teen die hemel skeur 'n vliegtuig homself vasberade los van die aarde en snel diep die donkerte in.

.

Another story by Du Plessis in Afrikaans.

Read more about the writer and writing in Afrikaans on the website of Du Plessis.

Notice © 1999 IP and the author


Page up

[Intercultural Platform] [Introduction] [Literature] [Gallery] [E-mail]

Copyright © Global Vision Platform / Adriaan Boiten     e-mail: webmaster

Find your way back to the Global Vision Platform Home Page